April 07, 2008 07:19 AM PDT
Looooong overdue! Steyn vra om verskoning vir die huge delay op hierdie episode, dit is sy skuld en dit was al in Januarie opgeneem! Dit is Villiers se afskeidsepisode - hy gaan swot nou by Tukkies... Verder luister ons na cool musiek van The Bats (ja jy't reggelees) en nog vele meer.
Check ook 'n slag weer ons blog uit. Ons sal probeer om hom meer gereeld op te datteer (maar soos julle weet het ons nie 'n baie goeie track record as dit kom by stuff op datum hou nie).
www.skaatscast.blogspot.com
skaatscast at gmail dot com
December 24, 2007 07:46 AM PST
Die heel eerste SkaatsCast Awards! In ware Christelike fashion beoordeel (hahaha) ons al die beste oomblikke van 2007. Van Jacob Zuma tot Paris Hilton, Switchfoot tot Kanye West en Die Cheetas tot die Springbokke - ons cover ALS!
Dit was net Sybrand en Steyn vir hierdie episode, die res was almal weg maar darem daar in gees. Check uit ons Facebook groep of email ons by skaatscast at gmail dot com.
Geseende Kersfees en 'n super nuwe jaar van die SkaatsCast af. Mag julle almal iets van God se super liefde beleef hier aan die einde van 2007!
December 23, 2007 02:45 AM PST
Deel 2 van die bumper musiek episode met Ben en Steyn! Awesome musiek en klomp lukraak... email ons by skaatscast at gmail dot com of check uit ons groep op Facebook vandag nog!
December 19, 2007 04:06 AM PST
Deel 1/2 - Almal is weer op vakansie behalwe Ben en Steyn, wat net een ding kan beteken... BUMPER MUSIC EDITION!
Yeah ons het 'n pretty awesome line-up, maar jy moet maar luister om uit te vind wie. Check ook uit vir deel 2, uit binnekort!
December 06, 2007 10:13 AM PST
...die mees overdue episode in die wereld is toevallig die mees sexy episode ook (wat 'n coincidence).
In hierdie super sexy episode:
Ons het ongelooflik baie nuwe seksies ingebring (daarvandaan die naam) soos Die Papiertjievou (Lame) Game, SkaatsdeLaan, Bennie se Boeke en nog baie meer.
Ons luister ook na awesome musiek, so check dit uit!
BTW, die episode is enhanced, so jy kan na die prentjies in jou iTunes of iPod kyk. O en join ons groep op facebook!
October 31, 2007 11:26 AM PDT
Die grootste comeback sedert Lazarus!
Jip ons is weer terug met 'n arrow van 'n Parow episode! Ons check uit ou Afrikaanse treffers wat eerder net alleen gelaat moet word; gesels oor allerhande lukraak en luister na Daphne Loves Derby, Vanilla Sky en Straatligkinders.
Jip. Beter as wat die mullet ooit kan wees. Check SkaatsCast uit op Vuisboek vandag!
May 09, 2007 12:06 AM PDT
[Enchanced - Speel deur jou iPod, iTunes of jou Firefox browser vir beste resultate]
Die eerste episode van Seisoen III! Ons is baie opgewonde om terug te wees na 'n lang tyd. Dis ongelukkig slegs Villiers, Ben en Steyn vir hierdie episode; die ander was bietjie vasgevang.
In hierdie episode: Die usual Boredomkillers, Nuus en 'n nuwe section, 'Segway to Heaven'.
Ons speel songs van: The Monolith, Run Kid Run en Vanilla Sky. Ons het vergeet om te noem, maar net voor S-Nuus speel ons Underoath se 'A Boy Brushed Red, Living in Black and White'.
Email: SkaatsCast@gmail.com
Voicemail: +2773 424 5758
Lukraak, uit 'n Christelike Oogpunt
April 06, 2007 04:04 AM PDT
Dis weer sulke tyd... en ons het besluit wat is 'n Christelike podcast sonder 'n Paasfees episode?
Van vandag af is die SkaatsCast enhanced - menende dat jy nou op jou iPod kan kyk as ons verwys na iets spesifieks. Daar is ook ander goodies, soos chapters, wat dit vir jou makliker maak om dele te skip, indien jy nie hou van ons geselskap nie. Nee wag, klink my na 'n swak idee!
Dit is maar 'n doodgewone podcast, met Boredomkillers, SkaatsCast Nuus, E?Nuus en Villiers se feit. Ons bel ook 2 random luisteraars om uit te vind wat hulle dink van Paasfees - en albei verjaar heel toevallig! (nee, regtig, en ons het net geweet die een verjaar). So gepraat van verjaar, dis hierdie keer Emma se beurt om ouer te word - 'n volle 20 om die waarheid te se.
March 22, 2007 10:36 PM PDT
[Video Podcast] Partymaal vat dit 'n stukkie tou, 'n vasvra en 'n hotdog om 'n ewig-groeiende generasiegaping te brug.
Dit is presies wat ons gedoen het. NeoGen het Old School (die volwassenes) uitgedaag om te sien wie nog die jongste van hart is. Dit was moeilik, maar David Hasselhof sou trots gewees het.
Check ook die nuwe NeoGen Podcast uit, beskikbaar vanaf 26.03.07
February 26, 2007 04:28 AM PST
[Video Podcast] NeoGen DSG tree live op by AGS Goodwood saam met The Singletrack en Prodigal Son. Band interviews, song snippets en 'n oorsig oor almal wat betrokke is.
Vir meer inligting asook gratis song downloads van DSG (Deur Sy Genade), gaan na www.myspace.com/neogendsg of gaan na www.neogendsg.blogspot.com.
Comments & Queries - skaatscast at gmail dot com!
February 22, 2007 11:45 AM PST
[Video Podcast] Die tweede episode in die Goud, Wierook en Miracles reeks. Die Wyse Manne kom by Herodus Records aan om 'n record deal te strike, maar Herodus het ander idees.
Intussentyd beplan Josef om dinge reg te maak met Maria; en Josef vind uit van 'n "Battle of the Bands" wat gebeur in Bethlehem.
Gaan na www.neogendsg.blogspot.com - 'n Nuwe podcast is binnekort oppad!
February 19, 2007 02:29 PM PST
[Video Podcast] 'n Moderne weergawe van Jesus se geboorte. Maria en Josef neem deel aan 'n realiteitstelevisie program. Dinge raak ongemaklik wanneer Josef uitvind Maria is swanger. Bietjie laat vir Kersfees, maar dalk goed vir 'n bietjie nostalgie.
February 11, 2007 01:31 AM PST
In hierdie laaste episode van Seisoen 3:
- Die SkaatsCast top films en albums om uit te check
- 'n Valskerm Insident
- iPhone Update
- Kerkbemarking: Sit kerke partykeer dit pot bietjie mis?
Ons luister na musiek van Straatligkinders, Related en Die Kys.
Dit is ook ons laaste Episode tot die 8ste Mei, so MOENIE unsubscribe nie! Ons sal weer terug wees en het 'n paar awesome idees.
www.skaatscast.blogspot.com | www.myspace.com/skaatscast | skaatscast@gmail.com
January 02, 2007 01:04 AM PST
Alle dinge 80s! Ons gesels oor Thomas Dolby (moenie vra nie) se comeback, Nicole Richie se out-of-the-box bestuursessies en ons bekyk al daai 80s programme waarvan jy al vergeet het.
Verder ook: Die 10-Vraag Challenge; sover is dit SkaatsCast 01, Luisteraars 00... Kan die luisteraars 'n comeback maak? Ook boredomkillers, Villiers se Mmmm Feit en SkaatsCast Nuus!
Check uit www.five8five.com vir die coolste in SA bands, musiek, design en meer.
December 24, 2006 01:27 AM PST
WOW! Die super-duperste bumper-packed musiek uitgawe van die SkaatsCast! Ons speel 13 uitstekende Kersfees songs om die geboorte van Jesus te vier.
Los 'n voicemail vandag nog! 073 424 5758 (vervang die 0 met 'n +27 indien jy van oorsee af bel.
Gaan na www.skaatscast.blogspot.com vir meer info... NOU!
December 07, 2006 02:32 PM PST
In hierdie UNLUCKY episode...
Die einde van SkaatsCast Rants, maar die begin van 3 nuwe AWESOME sections!
Verder is daar ook 'n wenner van die Mae Everglow kompetisie.
In hierdie Episode se 'Verlee Villiers' se ons dat Villiers 7 vrae reg het, eintlik het hy 6... jammer. As jy nie weet waarvan ons praat nie, LUISTER SOMMER NOU! Ons het ook vergeet om party van die liedjies aan te kondig... sal volgende keer!
November 21, 2006 01:49 PM PST
In hierdie aksie-belaaide episode: WEN 'The Everglow' van 'Mae'! Luister episode 12 en vind uit hoe!
Ons luister na Straatligkinders, The Almost, Mae en mewithoutYou. Verder gesels ons oor Borat, Kanye West se Christelike eskapades en Pornografie.
'Vra die Dominee': Vra enige vraag wat jou laat wonder... hoe moeiliker, hoe beter!
Vraag vir die week: Wat is die 'most unfortunate' oomblik wat jy al ooit beleef het?
October 30, 2006 09:50 PM PST
Welkom by die new, improved SkaatsCast. In hierdie episode bring ons vir jou :: Die Nuutste in SA Vermaaklikheid :: SkaatsCast Nuus :: Luisteraar Feedback oor Realiteits TV:: en vele meer! Verder luister ons na Dating Delilah en The Metanoya Rockonfusion. Laat weet ons wat julle dink van die nuwe setup... ons kan kritiek vat... miskien! :: skaatscast@gmail.com :: myspace.com/skaatscast ::
October 23, 2006 04:43 AM PDT
Die SkaatsCast Top 6 - Waarvoor JY gestem het! Ons luister na jou gunsteling bands, asook onderhoude met Rasheed Ferguson van New Altum, Bouwer Bosch van Missing June en 'n Tooth & Nail onderhoud met Underoath! Kyk uit vir die groter, beter en harder Seisoen 2! www.myspace.com/skaatscast; skaatscast@gmail.com
October 17, 2006 11:55 PM PDT
Die een sonder die fout - ons het dit weer opgelaai, daar was 'n fout met die vorige weergawe. In hierdie ekstra lang episode: Ons praat oor MySpace - wat irriteer vir JOU? Verder - SkaatsCast Rants; Nuus; Boredomkillers en manjefieke akoestieke weergawes van baie, BAIE goeie musiek... www.myspace.com/skaatscast; skaatscast.blogspot.com. Teken nou in!
September 12, 2006 12:46 AM PDT
Ons interview Blindside!!! Jip dis reg, ons het dit afgepull. Verder gesels ons meeste van die episode deur, lees listener comments en beantwoord 7 moeilike vrae. Songs van Blindside, Sullivan en Emery. Download dit nou!
September 05, 2006 09:06 AM PDT
Ons heel eerste 'live' band interview! Ons kry vir New Altum van Kaapstad in en chat oor als en nog 'n bietjie. Ons luister na hulle nuwe single, These Flightless doves, asook songs van Underoath, Demon Hunter en Dead Poetic.
August 30, 2006 04:23 AM PDT
Ben word 23!! Ons luister na 8 uitstekende songs, als van die 'One Dark Summer' album af. Gaan kry dit vir jou, gratis, deur te registreer by purevolume.com en te gaan download by purevolume.com/onedarksummer. Ons bring dit vir jou, want dit is daar buite!
August 22, 2006 03:10 PM PDT
In hierdie all-acoustic episode van die SkaatsCast: 'n Live Performance van DSG | Ons chat oor ons kerk se janitor, Oom Frikkie, Underoath, NOFX; Chick flieks soos 9 Months, Bridget Jones en nog baie meer | Gaan na www.skaatscast.blogspot.com vir meer inligting | Email ons by skaatscast@gmail.com
August 14, 2006 11:54 PM PDT
Ons is terug en swakker as ooit tevore! In hierdie episode: ‘n Tong in die kies kykie na Christelike musiek | Ons lewer kritiek op die movie SAVED! | Ons heel eerste interview – met Missing June van Potch | Vraag van die week: Wat is jou claim to fame? Email ons by skaatscast@gmail.com of gaan na skaatscast.blogspot.com
August 03, 2006 06:32 AM PDT
Eerstens, jammer dat die episode so bietjie later as gewoonlik kom, die gastro-bug het hard getref... Tweedens vra ons om verskoning vir die onder-standaard klankkwaliteit :: Ons chat oor Porn, Kanye West asook internet scammers wat meer 'oorspronklik' raak by die dag. Songs van Emery, Waking Ashland, Eisley, SA Band van die Week Not the Majority en Copeland.
July 25, 2006 07:33 AM PDT
Songs van Underoath, The Canvas Waiting, Fabrik, Sufjan Stevens en Relient K. Ons gesels oor TBN channel se healers asook MK89 se 'onbevraagtekenbare' vernuf om 'goeie' musiekvideos op die kanaal te speel.
July 15, 2006 03:49 PM PDT
We talk about the Christian stereotype, the South African music industry and Bertie from Egoli | BANDS FEATURED: The Canvas Waiting; Mourning September; Loben; Antipas; Copeland | EMAIL: skaatscast@gmail.com | WWW: www.skaatscast.blogspot.com